1

1.1 Genetiese Ingeneurswese
Vir duisende jare het mense plante verskies en is later gekruis om kenmerke te kry wat hulle wou hê, byvoorbeeld ‘n beter smaak of meer opbrengs. Hierdie tegniek was algemeen gebruik en baie van die gewasse wat ons elke dag gebruik word verkry met die hulp van mutasies wat veroorsaak word deur chemikalieë en bestraling.

Genetiese verandering of genetiee ingeneurswese is ‘n proses waar ‘n spesifieke geen wat verantwoordelik is vir ‘n sekere eienskap, geidentifiseer word in ‘n organisme. Die geen word dan geisoleer en word dan deur middel van ‘n proses, transformasie, in die plantsel ingebring.

We Will Write a Custom Essay Specifically
For You For Only $13.90/page!


order now

Genetiese ingeneurswese is ‘n tak van biotegnologie wat verband hou met die doelgerigte onderwerp van in-vitro van nuwe kombinasies van genetiese materiaal sodat in ‘n sel kan voortplant en ‘n spesifieke produk kan sintetiseer.

Genetiese ingeneurswese los vele probleme op – soos die verkry van gene deur hul sintese of isolasie van selle, voorbereiding van rekombinante DNA molekule, kloning van gene of genetiese strukture, inleiding in die sel van gene of genetiese strukture en sintese van vreemde proteiene.

Volgens die Landbouweekblad, Vrydag 7 Maart 2008 p.18, stel genetiese ingeneurswese ‘n wetenskaplike in staat om dele van die DNA van een lewende organisme te verwyder en na ‘n ander een oor te dra. Hulle hoef nie van dieselfde sort of verwant te wees nie. Daardie punt het dan dieselfde eienskappe as die ander organisme. Die plant met die ander plant se gene staan bekend as ‘n genetiese gemodifiseerde organisme (GMO).

Genetiese ingeneurswese is ‘n term wat gebruik word om biotegnologiese metodes te beskryf wat organismes se genome direk manipuleer. ‘n Voorbeeld is bakterieë wat gemanipuleer word om medikasie te produseer, soos insulien en gewasse wat gemodifiseer word vir landbou.

1.2 Genetiese gemanupileerde gewasse
Genetiese materiaal word doelgerig gemanipuleer in ‘n labratorium. Wetenskaplikes werk om gene wat die potensiaal het om boere te bevoordeel, te identifiseer. Wanneer hulle die voordelige geen in ‘n plant ontdek, maak die wetenskaplikes ‘n kopie van dié spesifieke geen en plaas dit in ‘n ander plant in. Die doel van die genetiese manupilasie is om plante en diere meer produktief te maak en om hulle bestand te maak teen peste en ander boertegnieke.

1.3 Kweek van genetiese gemanipuleerde gewasse
Mense het die genetiese verandering al vir duisende jare gelei deur middel van seleksie. Meer onlangs gebruik planttelers ‘n meer gevorderde tegniek. In alle gevalle soek die teler gewasse met verbeterde plantprestasie. Genetietse gemanipuleerde gewasse word as volg gekweek; identifiseer ‘n eienskap van belangstelling. Wetenskaplikes soek meestal vir ‘n spesifieke eienskap in die natuur. Die volgende stap is om die gekose genetiese eienskap te isoleer. Vergelykende analise word gebruik om te ontleed watter deel van die organisme die genetiese samestelling vir die eienskap van belang bevat. Daarna word die genetiese eienskap in die nuwe genoom ingeplaas. Meeste biotegnologiese maatskappye gebruik “gene guns” om die DNA in te voeg, maar die bakterieë, Agrobackterium tumefaciens, kan ook gebruik word. Die laaste stap is om die genetiese gemodifiseerde gewas te groei en te repliseer met sy nuwe gemanipuleerde genoom.

Voordele van Genetiese gemodifiseerde gewasse
Die genetiese gemodifiseerde gewasse kan die voedingswaarde van die produk verbeter. Dit kan ook die opbrengs vermeerder, meer doeltreffend water en kunsmis gebruik, bestand wees teen droogte en hitte en weerstandig wees teen siektes. Meeste genetiese manipulasie het geen spoor van vreemde DNA nie. Genetiese gemodifiseerde gewasse kan natuurlike habitatte bewaar deur minder oppervlakgrond wat bewerk hoef te word.

Dis voordelig vir boere, want hulle hoef nou minder chemiese middels te gebruik om siektes teen plae te bekamp. Hulle bespaar op arbeid en op die besproeiing van onkruid.

Nadele van Genetiese gemodifiseerde gewasse
Voedselallergieë is ‘n toenemende probleem in die wêreld. Volgens Centers for Disease Control and Prevention (CDC) is daar ‘n toename in voedselallergieë by kinders onder die ouderdom van 18. Sekere mense beweer dis die genetiese gemodifiseerde gewasse wat dit veroorsaak, maar ‘n studie van die Universiteit van Harvard het bevind dat die nie so is nie.

Antibotiese weerstandigheid is nog ‘n nadeel waaroor mense bekommer. Antibotiese weerstandige bakterieë kan antibotika teenstaan wat dit moeilik maak om die bakterieë dood te maak. Wetenskapilikes gebruik antibotiese-weestandige gene in genetiese gemodifiseerde gewasse, maar geen studies het al bewys dat daar ‘n verband is tussen genetiese gemodifiseerde gewasse en antibotiese-weerstandige bakterieë nie.
“Superonkruide” kan weerstand teen glifosaat, ‘n algemene onkruiddoder, ontwikkel. Plante kan hul eie insekdoder naamlik ‘n baktieriese gifstof Bacillus thuringiensis (BT) vervaardig, wat lei het tot’ n BT-weerstandige insek.

Wetlike en etiese punte op Genetiese gemodifiseerde gewasse
Etiese punteMense kan allergies wees vir genetiese gemodifiseerde produkte. Die gene van ‘n allergeniese organisme kan onttrek word en in ‘n organisme gesit word wat nie normaalweg allergenies is nie. Die Organic Consumers Association is ‘n voorbeeld van ‘n groep wat nie genetiese gemodifiseerde gewasse as veilig sien nie – hulle werk is om meer organise voelsel op te mark te plaas.

Daar is nog nie genoeg navorsing gedoen om te sien of genetiese gemodifiseerde produkte ‘n negatiewe uitwerking om die omgewing het nie.
As gevolg van die genetiese gemodifiseerde gewasse is daar groot etiese kommer oor die risiko’s vir die voedselweb. Enige plaag- en onkruiddoders van die gewas kan skadelik vir diere en ander orgnismes in die ekosisteem wees.

‘n Dier kan ook die genetiese gemodifiseerde gewasse eet, wat beteken dat as die gewas gemodifiseerd is om byvoorbeeld plaagdoder te produseer, kan die dier siek word en sterf. In ‘n Noord Amerikaanse studie is bevind dat die ruspes van die monargvlinder sterf as hulle die stuifmeel eet van genetiee gemodifiseerde gewasse.Wetlike punte
Een van die mees omstrede kwessies vir genetiese gemodifiseerde gewasse is die etiketering van produkte. Mense glo hulle het die reg om te weet as ‘n produk geneties-gemodifiseerd is, want hulle sien die gewasse as ‘n gesondheidsrisiko. In Suid-Afrika is dit verpligtend dat voedsel aangedui word as sekere tegnieke van genetiese modifisering gebruik was, voordat hulle op die mark geplaas mag word.

Volgens Law Library of Congress is daar baie wetlike beperkings op genetiese gemodifiseerde gewasse in terme van navorsing, produksie en bemarking van die gewasse, byvoorbeeld maatskappye kort n permit vir die uitvoer van meeste genetiese gemodifiseerde gewas aktiwiteite.

Soos meeste van die Afrika lande het Suid-Afrika vroeg biotegnologie embrace????. Die eerste toepassing van genetiese gemodifiseerde gewasse in die land het in 1989 plaas gevind. Vandag is Suid-Afrika die wereld se agtste grootste produseerder van genetiese gemodifiseerde gewasse.

2.1 Definisie van ‘n saadbank
‘n Saadbank is ‘n maklike, ekonomiese manier om enige saaddraende plant te bewaar. Nadat ‘n potensiële nuwe plant op ‘n gespesialiseerde manier behandel is, kan dit dekades, of selfs eeue lank, veilig bewaar word. Oral om die wêreld is daar meer as 1400 saadbanke, wat dien as ‘n ondersteuningsstelel in die geval van ‘n omgewingskatastrofe. As ‘n hele gewas uitgewis word, kan boere saadreserwesgebruik om van voor af te begin.

2.2 Kunsmatige en Natuurlike saadbanke
Kunsmatige saadbanke is ‘n praktiese manier om saailingopkoms te bestudeer omdat die aantal, diepte en spesiesamestelling van die saadbank bestudeer kan word. Kunsmatige saadbanke maak dit moontlik om plantegroei te volg in verskillende omstandighede.

‘n Natuurlike saadbank kom in die grond voor. Dit het ‘n essensiële bydrae tot die funksionering en instandhouding van die ekosisteem. Natuurlike saadbanke skep ‘n realistiese scenario van hoe spesies gaan reageer in verhouding met hoe hulle aan verskillende omstandighede blootgestel word.
**2.3 Hoe beinvloed saadbanke die biodiversiteit?
Surinder Chopra, ‘n professor van mieliegenetika sê in die Penn State Ag Science tydskrif: “Die globale saadbanke bewaar die genetiese diversiteit en bewaar die diversiteit teen siektes”. Die diverse genepoel wat deur saadbanke bewaar word, “bied wetenskaplikes genetiese material vir teling en genetiese ingeneurswese”.

Die saadbank kan gesien word as “biodiversiteit reservoirs”, wat kan bydrae lewer tot plaaslike populasie verharding??? en om die biodiversiteit te onderhou deur tydelike storing en onderhouing van ‘n diverse ondergrondse spesie poel beskikbaar vir ontkieming in antwoord op hoe die omgewing verander.

John Tuxil, ‘n navorser vir die Worldwatch-instituut, het gese: “Ons skuif gene met al hoe groter vernuf rond, maar net die natuur kan dit skep. As n plant verdwyn wat n unieke genetiese eienskap het, is daar geen manier om dit terug te kry nie.” Dus word miljoene rande bele om te verseker dat sade in saadbanke bewaar word.

Die Verenigde Nasies het 2010 as die Internasionale Jaar van Biodiversiteit verklaar.huidiglik is daar 193 lande wat deelneem in internasionale verdrae soos die Konservasie op Biologiese Diversiteit. Groepe soos Bioversity International en Global Crop Diversity Trust ondersteun saadbanke reg oor die wereld.

2.4 Beskryf die verband tussen groeireguleerders en saadbanke
Groeireguleerders is ‘n verskeidenheid chemiesemiddels wat die groei en differensiasie van plantselle, -weefsels en –organe beinvloed. Groeireguleerders dien as ‘n chemise kommunikasielyn vir interselllere kommunikasie. Die planthormone werk saam om die groei en ontwikkeling van selle te koordineer.

Groei reguleerders kan gebruik word om om indringerplante te beheer deur hul kortstondige saadbanke te onderbreek.

3. Etiese kwessies oor saadbanke en genetiese aangepaste gewasse
Alhoewel die etiese kwessies oor genetiese gemodifiseerde gewasse geldige kwessies is, is daar nog nie bewyse dat hierdie produkte vir ons ongesond is nie.

4. Is genetiese gemodifiseerde kosse die antwoord op wêreld hongersnood?
Ja, ek glo genetiese gemodifiseerde gewasse is die antwoord op wêrledhongersnood. Dit is ‘n effektiewe en volhoubare manier om mense in arm gebiede te voer.

Die Time tydskrif het in 2000 ‘n omslagsverhaal geskryf getiteld “Grains of Hope”. Die artikel het bekend gemaak dat wetenskaplikes besig is om “Golden Rice” te ontwikkel. Die nuwe inspanning van die genetiese gemodifiseerde rys het gene gekry van viruses en affodille. Die resultaat is ‘n vorm van rys met ‘n goudgeel kleur en dit produseer betakaroteen, wat in die menselike liggaam omskakel na Vitmiene A. Die Time tydskrif sê dat amper ‘n miljoen kinders jaarliks lei aan ‘n gebrek van Vitamien A. In die Landbouweekblad van Vrydag 7 Maart 2008 se Charl van Rooyen dat die gebrek aan Vitamiene A veroorsaak 250,000 tot 500,000 kinders wat wereldwyd jaarliks blind word en helfde van hulle sterf binne n jaar.

Genetiese gemodifiseerde gewasse kan ook so gemanupileer word dat hulle in enige omgewing kan groei en die raklewe van produkte so verleng kan word wat dit moontlik maak om die voedsel na afgeleë gebiede toe te vervoer.

Voormalige VSA President Jimmy Carter het gese: “Verantwoordelike biotegnologie is nie die vyand nie, hongersnood is” en ek stem saam wat President Carter gesê het.

5. Ander faktore wat my standpunt beinvloed het
Daar is baie mense wat honger lei in die wêreld – genetiese gemodifiseerde gewasse help in verskillende maniere om kos by arm gebiede te kry. Daar is min tot geen bewyse dat genetiese gemodifiseerde gewasse ‘n negatiewe impak het op die mens se gesondheid gaan he nie. Dus dink ek genetiese gemodifiseerde gewasse is ‘n goeie manier om een van die grootste probleme op aarde op te los.

Bronnelys
https://prri.net/af/fact-sheet-genetic-modification-developed/
https://wol.jw.org/af/wol/d/r52/Ip-af/102002250http://m24Ibarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2008/03/07/LB/18/01.html
https://scientificamerican.com/genetically-engineerd-crops-are-safe-and-possibly-good-for-climate-change/
http://sitn.hms.harvard.edu/flash/2015/how-to-make-a-gmo/https://monsanto.com/innovations/biotech-gmos/https://www.healthline.com/health/gmos-pros-and-cons#cons
http://www.geneticallymodifiedfoods.co.uk/ethical-concerns-gm-foods.htmlhttp://agsci.psu.edu/magazine/articles/2010/summer-fall/the-importance-of-seed-banking
http://www.jstor,org/stable/4046850?seq=#page_scan_tab_contents
http://www.huffingtonpost.com/john-robbins/gmo-food_b_914968.html
http://af.medicine-guidebook.com/veterinariya_727_gennaya-injeneriya.html
http://www.log.gov/law/help/restrictions-on-gmos/south-africa.php
http://passel.unl.edu/pages/informationmodule=956783940&topicorder=10&maxto=10
http://www.bioone.org/doi/abs/10.1614ipsm-d-12-00033.1

x

Hi!
I'm Delia!

Would you like to get a custom essay? How about receiving a customized one?

Check it out